07 Mei 2013

Gemaksones, koue vinger en naalde

So staan ek toe maar en wag vir die vlug na Johannesburg wat laat is, en dink: "Dit sou darem nou lekker wees om te kon brei terwyl ek hier wag."
 
Eerste prys sou wees om nog saam met Chanelle te kon kuier, maar dit sou nie kon gebeur nie. Ons het mekaar reeds vaarwel gesoen toe ek deur hekke gaan. Dit was eers na ek die hekke deur was wat die vliegmasjien nie sy afwagting maak nie.
 
Daar is egter net een probleem met breinaalde op 'n vliegtuig.. Dis onwettig. En ek verstaan dat dit spesifiek 'n probleem sou wees as ek wou brei op die vlug. Ek is 29 jaar oud. Meeste 29 jarige mans brei nie. Wel, nie die ouens wat ek ken nie. 'n Ou tannie wat met haar kierie en haar breiwerk op die lughawe stap na die vliegtuig sal waarskynlik nie ongemak by ons baie aggresiewe polisiediens veroorsaak nie. Ek, aan die ander kant, kan dalk net ge-spear têkkel word en my kop diskant my knersderm vasgebind bevind as ek dit waag.
 
Om jou breiwerk op 'n vlug tussen Kaapstad en Johannesburg in te smokkel is nie net buite mens se gemaksone nie. Dit kan jou in jou tronk laat beland.
 
Tronke is koud. Koue plekke maak jou vingers ook koud. Brei met koue vingers is nie lekker nie. Dis nou as jy toegelaat word om in die tronk verder te brei.
 
Brei, kan duidelik 'n gevaarlike speletjie wees.
 
Daar is 'n duidelike verskil tussen jouself buite jou gemaksone uitdaag, en onverskillig wees. Daar is 'n verskil tussen rusteloos en ondeurdagt dinge aanpak.
 
 
Ek is ongelukkig nog nie klaar met die serp nie - dis harde werk. Maar ek gaan nie tou opgooi nie. Ek gaan voort, maar ek... kort ook nog 'n uitdaging.
 
Naalde. Ek is bang vir naalde. Soos 'n driejarige seun is vir skoene dra of bad. Ek hou nie van naalde nie. Veral nie van daardie wat in jou ingewurg word as jy wil bloedskenk nie. Daardie naalde is dikker as meeste van daardie aggresiewe polisiemanne waarvan ek gepraat het se nekke.
 
Naalde. Ek kry koue rillings as ek daaraan dink.
 
Ek het nog nooit bloed geskenk nie. Ek is te bang. Môre sal ek vertel waarom ek nog witter raak as wat ek reeds is wanneer ek daardie naald sien.
 
Die belangrikste is die volgende: Hierdie week gaan Rustelose Rakker bloed skenk!!
 
Dit is verder buite my gemaksone as wat daardie ander ou die ander dag 'n krieketbal in die IPL geslaan het.
 
Volg gerus my blog, en onthou, die avontuur begin die oomblik wanneer jy buite jou gemaksone beweeg!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking