Gister was die tweede dag van die Winterskool by die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Teologie, en die dag was gekenmerk deur 'n unieke waardering wat in my losgekom het. Dis iets wat daar was, maar nou nog sterker geword het.
Na ons oggend stilraak saam met die Here, het Nico Koopman 'n algemene sessie gelei oor kerke se ekumenise verantwoordelikheid. Ekumene kan verstaan word as die manier wat verskillende kerke, soos die Katolieke, die Gereformeerdes en Charismate hul verbintenis aan mekaar vier, uitleef, en gebruik om die wêreld te verander. Alhoewel ons verskillende dogma's en tradisies het, het ons ook baie in gemeen.
Die sleutel vir die verstaan van sy redenasie is to embrace. Omhelsing.
In die konteks van 'n land waar meer as 75% van haar burgers hulself Christene noem is hierdie 'n belangrike vraag.
Het die kerke in Suid-Afrika genoeg in gemeen om ons land te verander? Wat het ons in gemeen wat ons sal help om die uitdagings van Suid-Afrika aan te spreek?
1. Die eenheid van die kerke in Suid-Afrika is 'n embracing unity, 'n omhelsende eenheid. Dit het baie herinner aan Jesus se gebed vir Sy dissipels: "Vader, ek bid dat hulle een sal wees..." Deur ons eenheid getuig ons van ons verhouding met God. 'n Paar weke terug het hierdie eienskap ook uitgestaan as die belangrikste vir die jong generasie van Suid-Afrika. Kerke wat nie saamwerk nie, het geen geestelike kredietwaardigheid nie.
2. Die eenheid van die kerke in Suid-Afrika is 'n embracing holiness, 'n omhelsende heiligheid. Hy het die volgende stelling in hierdie verband gemaak: "In the context of democracy they live with a dual citizenship, as citizens of democracy, and as citizens of Christocracy, citizens of the reign and government of Christ."
Ons is onderhewig aan 'n land se regering, maar ook aan die heerskappy van Christus.
Vir ons eerste wegbreeksessie het ek 'n praatjie bygewoon oor die leierskap van Nelson Mandela, aangebied deur die redakteur van The New Age, Henry Jeffreys. Hy is 'n oud-Boksburger en verstaan ons land se geskiedenis en konteks baie goed. Die aspek wat hy bepsreek het van Madiba se leierskap wat die kerk die meeste moet uitleef is liefde. Madiba het 'n liefde vir mense gehad. Die kerk moet daardie eienskap uitleef.
Na 'n middagete wat bestaan het uit 'n paar lekkernye, geborg deur die Universiteit, skuif ek agter die rekenaar in om emails te antwoord en te lees. Die lekkerste deel van middagete was twee muffins wat Chanelle die vorige aand vir my ingepak het - ek proe die liefde.
Die middagsessie wat ek bygewoon het was aangebied deur Pieter Grovè, en het gehandel oor die kerk en die Suid-Afrikaanse ekonomie. Briljant! Na 'n 50 minute inleiding oor die ekonomiese situasie in Suid-Arika, die goed en die sleg, het hy baie goeie riglyne gegee vir die kerke in Suid-Afrika aangaande 'n verskil maak.
Ek deel dit met jou:
1. The common good is higher than the individual.
2. We should be stewards of creation.
3. Human dignity is paramount.
4. We should protect the poor.
Sy laaste drie stellings vir die dag het my diep aangespreek:
1. Labour is a person, not a commodity.
2. Land is a gift from God, not a commodity.
3. Money is a tool, not a commodity.
Oppad terug ry ek en my twee NG Kerk vriende van Durbanville saam met twee Presbiterianse leraars. Die heeltyd mael Pieter Grovè se stelling rondom Nasionale Identiteit in Suid-Afrika in my kop.
Die van julle wat my persoonlik ken sal weet dat ek die soeke na 'n Nasionale Identiteit sien as een van die belangrikste boustene van 'n nasie.
Kan ons die staat uitdaag om ons land se identiteit te vorm, as ons as die kerke nie eers saam kan werk nie?