14 Mei 2013

Twee mans, 'n spinnekop, en GEEN gille!

Laas Donderdag het ek bloed geskenk vir die eerste keer. Nee, ek het nie met 'n 'Blou Bulle'-suck t-hemp by Loftus opgedaag nie. Doen dit, en jy gaan dalk bloed skenk, en daar gaan nie naalde betrokke wees nie.
 
Ek sal dir verseker doen, en hierdie week het hierdie Rustelose Rakker 'n nuwe uitdaging.
 
Spinnekoppe. Hoekom?
 
Dit het nie te lank gebeur na ek van my bloedskenk avontuur gekom het nie. Ek en Hannes, my huismaat, het die aand bietjie fliek gekyk, en toe ek later die aand 'n draai in die kamer maak sien ek die gedierte.
 
Lang bene, vol hare, klein ogies, groot boude. Nee, ek het nie in die spiel gekyk nie.
 
Dit was 'n spinnekop, groot genoeg om 'n buffel in te sluk, lelik genoeg om Indiana Jones te hardloop, en vining genoeg om Husain Bolt in te hardloop.
 
Okey, ek oordryf. Hy sou Bolt kon indraf...
 

Dalk was dit nie so groot soos ek sê nie, maar dit was vining, en die gedagte van daardie monstertjie in my kamer was te veel buite my gemaksone.
 
 
My en Hannes se reaksie was om die arme ding met Doom in my kamer rond te jag. Die bottel se knoppie het egter vasgehaak, met die gevolg dat die hele kamer later vol gif gespuit is. Soveel so, dat ek en Hannes buite my kamer moes wag. Toe ons die deur oopmaak was omtrent alles in die kamer gegif.
 
My bors het toegetrek. Hannes se oë het getraan. Wel, hy ondersteun die WP, so dit kon dalk dit gewees het ook.

Ons het, let wel, nie gegil nie...
 
Dit alles! En ons weet nie eens of die agt voetige rondhol-diertjie giftig was nie.
 
Vrees!
 
The first duty of man is to conquer fear. He must get rid of it. He cannot act till then
- Thomas Carlyle.
 
Hierdie week se uitdaging. Spinnekoppe.
 
Hierdie Rustelose Rakker gaan 'n draai maak by iemand wat iets weet van spinnekoppe, en begin lees daaroor.
 
Voor ek weer 'n spinnekop se lewe neem, wil ek seker wees hy het die potensiaal om my dood te maak. Daar moet beter maniere wees om van spinnekoppe ontslae te raak as om die gif uit te haal en te spuit tot ek amper doodval.
 
Verder sal ek êrens, en ek het nog geen idee waar nie, 'n draai maak om 'n paar van hierdie groot goedjies vas te hou.
 
Vrees is vrees, en dit wat ons vrees sê meer oor ons as wat ons ooit besef.
 
Jy wen vrees op twee maniere.

Kennis is die eerste manier. Wanneer jy meer verstaan van dit wat jy vrees, is jy geneig om dit nie meer te vrees nie.

Daar is egter nog iets wat belangrik is as jy jou vrees wil oorrompel. Deursettingsvermoë!
 
Deursettingsvermoë is deursettingsvermoë, en sê meer oor ons as ons vrees.

Wie onthou word, is die een wat moedig probeer! Die een wat sy vrees herken, dit in die oë kyk, en sê: "Bring dit! Ek is nie bang nie!"

Die wenner is die een met die kennis oor dit wat hy vrees, en die deursettingsvermoë het om dit oorrompel en te smoor tot dit nie meer kan nie!

Mag jy daardie persoon wees!

Volg my blog om te kyk hoe ek my vrees vir groot spinnekoppe oorkom...

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking