Videos, en boeke.
Woorde en beeld, en dan, natuurlik woorde op papier.
Sonder om te diep in die verskillende konsepte in te
gaan wil ek iets sê oor albei. Wat dit in gemeen het, en hoe dit verskil. En
dan oor hoe die kobinering van hierdie verskillende kommunikasiemodelle
jongmense se verbeeldings kan verbreed.
Boeke. Ek het groot geword in ‘n huis vol van die goed.
My ma is ‘n biblioteek juffrou en my pa het ‘n doktorsgraad in geskiedenis. Die
gevolg was dat ons huis vol dinge met baie bladsye was. Tydskrifte, digbundels,
boeke oor die geskiedenis van gans God se skepping. Enige iets onder die son.
Dit was orals. Selfs langs die toilet het daar gewoonlik ‘n hoop van die goed
op mekaar gepak gelê. Enige iets van die SA Sports tot die Sarie, en ‘n volume
uit Langenhoven die volledige werke.
Ons kon woorde op bladsye nie ontsnap nie.
Die gevolg was dat ons, ek en my broer veral, lief was
vir lees. Selfs toe my lewe gevul was met hartkoppigheid, vegsugtigheid en ek
tè rebels was om God se genade in my lewe te erken sou ek boeke oor die
geskiedenis van die Christendom in my pa se studeerkamer lees as hy nie sien
nie.
Lees was nie net deel van ons gesin se manier van wees
nie, maar ons hele familie s’n. Boeke was wat ons gekry het vir ons verjaarsdae
en Kersfees. Veral kersfees.
Die manier wat woorde kombineer in ‘n boek is natuurlik
verskillend. Daar is prosa en poësie, en albei het verskillende sub genres. Tè
veel om te bespreek. Die belangrikste is dat elke tipe ons wêrelde verbreed
het. Comics moes ons egter skelm lees. Dit het die kategorie van boek net-net
gehaal. Amper soos
Ons was egter presies soos meeste laerskool seuns.
Avontuur was “the name of the game”. Die avonture van seuns soos Trompie, en
die Uile bende het ons die verste weggevoer.
Anders as ons ouers se generasie was dit nie net boeke
wat ons met groot oë laat droom het van wêrelde ver buite ons bereik nie. Ons
het films en TV gehad. Hierdie maniere van kommunikasie was nie regtig deel van
hul wêreld nie. Die avonture wat op skerms verskyn was egter vinnig besig om
deel te word van ons generasie se manier van adrenalien beleef.
Vir my en Hanno was dit nie anders nie. Die avonture
van Indiana Jones en James Bond was uitgebeeld in die manier wat ons Lego
gespeel het, skuilings in die agterplaas gebou het en selfs tonele uit films
oor-en-oor uitgespeel het.
Die manier wat avonture ons gegryp het was boeke en
films.
Sedert ek 10 jaar oud was wou ek films maak. Sedert ek
12 jaar oud is, wou ek boeke skryf. En albei moes avonture wees. Dit het nie
nodig gehad om my eie avonture te wees nie, maar dit moes jou adrenalienvlakke
die hoogte uitgejaag het.
Op die ouderdom van 23 jarige leeftyd het ek en twee
vriende begin beplan aan ons eerste groot avontuur. Ons sou vir 31 dae deur
Afrika toer. Elk met ‘n backpack en net genoeg geld om dit terug te maak tot in
Kaapstad.
Daar is ‘n paar elemente wat enige avontuur moontlik
maak. Onsekerheid. Jy moenie seker wees of die held, of jy, dit gaan maak nie.
Al wat ons geweet het was dat ons elkeen bietjie klere gehad het en ‘n tent.
Ons het nie geweet waar ons sou slaap nie. Ons het nie geweet presies waar ons
orals sou opeindig nie.
Ons het egter ‘n doelwit gehad. Elke avontuur het ‘n
doelwit nodig. Hierdie is ‘n belangrike element vir enige adrenalienbelaaide
verhaal. Ons doelwit was om dit veilig terug te maak tot in Kaapstad.
Dan is daar natuurlik ook ‘n eksotiese plasing. Daar
is min so ‘n eksotiese plasing soos midde-Afrika. Deur die jare heen was meeste
mense bang vir midde-Afrika. Dis onvoorspelbaar, soos enige goeie avontuur
behoort te wees.
Op 1 Desember 2008, op die leeftyd van 25 jaar, het ek
opgedaag by OR Tambo Internasionale lughawe. Saam met my was Juba en Werner,
die twee vriende wat saam met my ‘n paar jaar gelede aan die avontuur begin
beplan het. Die vliegmasjien was reg om ons te neem na Kampala, Uganda – die
hart van midde-Afrika.
Ons het egter nie net elkeen ‘n stapsak gehad en tent
gedeel nie. Ons het elkeen ‘n joernaal gehad waarin ons ons stories sou
neerpen, asook ‘n videokamera. Met die videokamera sou ons soveel as moontlik
van ons avontuur op video vaslê.
Woorde op papier en films sou kombineer om ons storie
te vertel.
Vir die volgende 31 dae sou ons meer avonture beleef
as wat meeste in ‘n leeftyd beleef.
Riverrafting in die Nyl, die aar wat
water bring na meer as tien lande in Afrika. Dieselfde Nyl waarin werkers stene
vervoer het na Egipte om die piramides te bou. Waar hulle duisende jare terug
op bootjies geroei het, het ons ook.
Die Serengeti, eindelose vlaktes deurtrek met wild was
ons volgende stop. Waar jy so ver kan sien dat jy nooit weer wil terugkyk nie.
Waar jy klein en groot voel in een oomblik. Safari in die Sirengeti.
Van Dar Es Salaam na Zanzibar op ‘n boot. Snorkel
en swem tot ons webbe tussen ons tone
kry.
Erens tussen Tanzanië en en Zambië slaan ons bus aan
die brand en ontsnap met ons lewens. Vriende wat ons glad nie ken nie neem ons
in hul huis en gasvryheid kry vir ons ‘n gesig.
In Livingstone sou ons beleef wat die man na wie die
dorp vernoem is beleef. ‘n Wêreld eksoties. Nie ver van daar nie sak die son
oor die Victoria watervalle.
In die Zambesie probeer ons tiervis vang, maar net
Juba en Werner kry dit reg. In Die Namib ry ons op quadbikes dat die stof teen ons enkels uitklim en ons soos
stofstorms lyk.
Terug in die Kaap kyk ons na ons avontuur op video en
in ink vasgelê, en ek weet, hieroor moet ek ‘n boek skryf.
Met ons al drie se joernale wat ooplê op my pa se
studeerkamer tafel en ons verfilmde avonture wat op sy rekenaar speel besluit
ek: “Hierdie boek gaan iets anders wees. Dis Februarie 2009 en my jaar is so
vol dat ek skaars tyd kry vir meisies vry, maar ek gaan tyd maak.
“Hierdie boek moet tieners uit hul gemaksones neem,
moet hul ‘n blatant-eerlike verhaal vertel van drie jongmanne se avonture, en
moet ink en videos kombineer.
“Dit moet ‘n videoboek wees. ‘n Videoboek is ‘n
avontuur wat beklemtoon word deur videos wat jy kan kyk. Dit moet smooth wees.
Jy moet dit op jou ipad kan lees en wanneer jy by ‘n plek kom vir drie minute
kan verder kyk na ‘n deel van avontuur voor jy verder lees.
“Dit sal tieners laat lees. My moer man, dis mos nou
entertainment.”
Wat jy vandag kan lees is my eerste weergawe van ‘n
videoboek.
Dit behels die volgende. Jy download dit op ons
webruimte (teen R70 per boek – R20 gaan na ‘n trust wat ek en Juba en Werner
begin het om mense te ondersteun) as ‘n PDF dokument. Jy kan dit op ‘n tablet
of jou rekenaar lees. Wanneer jy by die
kom, klik op die link (skakel) en gaan kyk na
die video op Youtube, wat die storie meer kleur sal gee vir jou!
Die boek se naam is ‘en toe foeter ons Afrika in’, en
ons glo dit sal ‘n generasie uitdaag om hul gemaksones te verlaat, te lees, en
hul eie avonture te beleef.
Wat die wetter is ‘n videoboek?
Dis ‘n idee, maar kan soveel meer word.